kids encyclopedia robot

Image: Puyuh jayawijaya, crop

Kids Encyclopedia Facts
Original image(2,052 × 1,667 pixels, file size: 1.57 MB, MIME type: image/jpeg)

Description: Die Sneeubergekwartel, ook Jayawijaya-kwartel genoem (Latynse naam: Synoicus monorthonyx, voorheen Anurophasis monorthonyx), is 'n ongewone en skugtere endemiese voëlspesie van Papoea. Dit word ondermeer in die Lorentz- Nasionale Park aangetref, en meer spesifiek die omstreke van Habema-meer volgens data wat tydens 'n 2015 opname van die spesie-habitat deur Lorentz- Nasionale Park se Kantoorspan ingewin is. Hierdie voël behoort tot die Phasianidae-familie en blyk 'n susterspesie van die Bruinkwartel Synoicus ypsilophorus te wees – lg. eweneens endemies aan Australasië. Dit word deur die IUBN by die lys van bedreigde spesies ingesluit. Dit is inheems aan die alpinestrook van bergagtige gebiede op hoogtes tussen 3 200 en 3 800 meter bo seespieël. Hier bewoon dit alpiene grasveld, en word ook dikwels op alpiene rande opgemerk wat dig met bome en struike begroei is. Dit vladder skielik en roepend op as dit versteur word, en maak dan 'n skerp kantel in die vlugrigting, voor dit so 50 tot 100 m verder weg sal land. Gewoonlik word hulle in groepe van twee of drie opgemerk. Die fisiese voorkoms van hierdie kwartel: so groot soos 'n patrys (25-28 cm) met liggeel snawel en geel bene en pote. Dit het 'n stewige, geronde lyf en 'n kort stert. Die mannetjie is kwistig gemerk met vlekkerige strepe, wat die indruk wek dat dit baie dwarsbande het. Die onderlyf is kastaiingbruin op veral die keel en van die pens en sye tot die onderstertpluime, terwyl die bors weereens donker geband is. Die wyfie is soortgelyk maar haar onderlyf is bleker as by die mannetjie. Haar gesig en nek, ken, keel en bo-bors is lig, sonder enige kastaiing kleur. Die harde "queeU" of "queeah" alarmroep word dikwels vier tot vyf keer geuiter wanneer daar steurnis of gevaar in die nabye is. Benewens die langtermynbedreiging van klimaatsverandering, hou toenemende konstruksie-aktiwiteit van die Trans-Papoea-pad wat die Lorentz- Nasionale Park oorsteek ook 'n bedreiging vir hierdie voëlspesie in. Papoea se natuur is inderdaad buitengewoon ryk aan biodiversiteit. Wanneer jy in die bos is, is dit moeilik om dit met die nodige ontsag te beskryf. Sorg vir die bos: as die woud beskadig word, sal die natuurlike rykdom daarin, insluitend die voëls daarvan, net 'n herinnering wees. Hopelik sal dit behoue bly.
Title: Puyuh jayawijaya, crop
Credit: Own work
Author: M abdul hakim karnita widjaya
Usage Terms: Creative Commons Attribution-Share Alike 4.0
License: CC BY-SA 4.0
License Link: https://creativecommons.org/licenses/by-sa/4.0
Attribution Required?: Yes

The following page links to this image:

kids search engine